Kort verpligte gebed (#3221)

KORT VERPLIGTE GEBED

*OM EENKEER IN VIER-EN-TWINTIG UUR,

*TEEN MIDDAG GESÊ TE WORD

Ek getuig, o my God, dat U my geskape het om U te ken en U te aanbid. Ek getuig op hierdie oomblik my magteloosheid en U mag, my argmoede en U rykdom.

Daar is geen ander God buiten U nie, die Hulp in Gevaar, die Selbestaande.

*"Daar is drie daaglikse verpligte gebede. . . .Dit staan die gelowige heeltemal vry om enigeen van hierdie drie gebede te kies, maar hy word verplig om een van hulle te sê, en volgens enige uitdruklike aanwysings waarmee hulle gepaard gaan." Uit 'n brief geskryf namens Shoghi Effendi

-Bahá'u'lláh
-----------------------

